Waarom Matamela jou nie net moet mesmeraais nie

RAMAPHOSA BY ZONDO

Waarom Matamela jou nie net moet mesmeraais nie

Terwyl pres. Cyril Ramaphosa die afgelope week weer sommige se guns gewen het, het HEINDRICH WYNGAARD ánders na hom geluister.

JACOB Zuma was reg, en dít kan – of wil – ’n mens nie aldag van hom sê of erken nie. Maar soms kom die waarheid uit die mond van die ongewenste, of uit die pen van die swart skaap in die familie.

Onthou jy die keer toe Hlaudi Motsoeneng ons vertel het dat wanneer protesteerders teen swak dienslewering die TV-kameras sien, dan raak die protesaksies erger en gewelddadiger? Dit sou beter wees om eerder die kameras af te skakel as dat dit betogers aanvuur om skole, klinieke en biblioteke af te brand, het dié “organic acamedic” (sic) aangevoer. Bewyse om sy punt te staaf was daar volop. En ek het in ’n groot mate met hom saamgestem.

Net so was daar al dikwels oproepe dat die media meer oordeelkundig dekking moet gee aan Julius Malema se rashatige uitsprake. Ook hiermee stem ek saam; en ná Malema se rashatige en opruiende Vryheidsdagtoespraak Dinsdag is daar rede om weer daaroor te praat...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.