DIE wetenskaplike én politieke stryd om die goedkeuring van die sogenaamde wondermiddel ivermektien in die behandeling van Covid-19 raak wêreldwyd al hoe hewiger. En met die derde golf Covid-19 op hande hier en 'n sukkelende inentingsprogram eis drukgroepe soos AfriForum, maar ook die doktersgroep I Can Make A Difference, dat Suid-Afrika se gesondheidsowerhede dringend ivermektien vir die behandeling van Covid-19 aanbeveel.
“Ongewone omstandighede vereis ongewone optrede," sê dr. Naseeba Kathrada, stigter van die I Can Make A Difference-groep. “Die wêreldwye pandemie is al meer as ’n jaar aan die gang en ons werk steeds aan die ontwikkeling van doeltreffende behandelings teen Covid-19. Ons weet dit gaan jare neem om genoeg van die bevolking te immuniseer sodat hulle doeltreffende en veilige immuniteit kan hê. Dit is onverantwoordelik om toe te kyk hoe mense doodgaan aan Covid-19 terwyl jy weet daar is ’n veilige geneesmiddel wat tot hul behandeling toegevoeg kan word.”
Ander dokters, soos Halima Dawood van die vereniging vir aansteeklike siektes van Suider-Afrika, hou egter voet by stuk dat daar geen wetenskaplike bewyse is dat die gebruik van ivermektien in die openbare belang is nie. ..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.