Hokaai, ons moet eers dié werk klaarmaak!

ONGEDANE SAKE

Hokaai, ons moet eers dié werk klaarmaak!

Die menseregte-aktivis Yasmin Sooka het die afgelope week ’n kragtige pleidooi gelewer oor ’n onafgehandelde historiese kwessie, maar die land se aandag was elders, skryf HEINDRICH WYNGAARD.

YASMIN SOOKA, onder meer direkteur van die Menseregtestigting, was tegelyk passievol en sonder omhaal, maar ook duidelik teleurgesteld toe sy in ’n onderhoud ’n belangrike dog onafgehandelde historiese aangeleentheid uitgewys het.

Maar ons was so vasgevang in die nuutste episodes van Jacob Zuma se hofdrama in sy bedrogsaak en die staatskapingsonthullings by die Zondo-kommissie dat Sooka se onderhoud nie werklik reaksie ontlok het nie. Nagenoeg 620 mense, ek  ingesluit, het darem agterna die video op YouTube gekyk.

Miljoene se oë, kan ’n mens veilig aanneem, was eerder gerig op die sittings van die Zondo-kommissie, waar ons meer gehoor het van die plundery by Eskom, die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, die SAL en ander dergelike korrupsiedinge; en ook op die aankondiging deur die voorsitter, adjunkhoofregter Raymond Zondo, dat pres. Cyril Ramaphosa komende Maandag en Dinsdag die laaste getuie sou wees wat mondelinge getuienis voor die kommissie lewer. Dit is nou voordat daar met mening begin werk word aan die afhandeling van die kommissie se verslag en aanbevelings. Donderdag is egter bekend gemaak dat Ramaphosa nou nié meer begin volgende week sal verskyn nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.