Die vlermuis vs. die Wuhan-laboratorium

COVID SE ONTSTAAN

Die vlermuis vs. die Wuhan-laboratorium

Daar is ál meer druk dat die teorie deeglik ondersoek word dat SARS-Cov-2, wat die pandemie veroorsaak het, uit 'n laboratorium gelek het. Hoe het hierdie hipotese, wat eens deur samesweringsmouse versprei is, in die hoofstroom beland? ADRI KOTZÉ bekyk die beskikbare inligting.

IN daardie eerste weke en maande nadat stories oor 'n nuwe, dodelike virus uit die noorde van China begin versprei het, nog voordat ons geweet het haas die hele wêreld gaan tot stilstand geruk word deur die pandemie wat sou volg, was die algemeen aanvaarde teorie dat SARS-Cov-2 sy ontstaan in vlermuise het. 

Van vlermuise, was die vermoede, het dit na 'n ander spesie gespring en van daar na die Huanan-dieremark in die stad Wuhan, waar van die eerste gevalle (in elk geval die waarvan ons weet) in Desember 2019 aangemeld is. Die mark verkoop vrugte en groente, maar ook seekos, vleis en wilde diere. Lewende wilde diere, om presies te wees.

Viroloë het al jare lank gewaarsku dat die wêreld se volgende groot pandemie gaan veroorsaak word deur die mens wat ál meer wilde diere se natuurlike habitat binnedring en deur kontak tussen mense en wilde diere. En viroloë se vrees was juis dat dit in China sou gebeur...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.