Ons moet spuit dat dit bars – maar kan ons?

HOE DUISTER IS DIE COVID-PRENTJIE?

Ons moet spuit dat dit bars – maar kan ons?

Ons immuniseringsveldtog vir mense bo 60 moet nou inskop, maar ons moet ons regmaak daarvoor dat dit minstens aanvanklik stadig gaan wees – en dít terwyl ons op die rand van 'n derde golf is. Sal die Suid-Afrikaanse regering die mas kan opkom om tienduisende mense per dag in te ent? ELSABÉ BRITS en ADRI KOTZÉ bekyk die stand van sake.

TERWYL die Pfizer-BioNTech-entstof nou in Amerika aanbeveel word (https://www.cdc.gov/media/releases/2021/s0512-advisory-committee-signing.html) vir 12- tot 15-jariges en dié land die wêreld se eerste massa-inentingsprogram vir adolessente teen die coronavirus in volle vaart afskop, is daar steeds groot onsekerheid oor aspekte van Suid-Afrika se inentingsveldtog vir mense bo die ouderdom van 60 wat veronderstel is om Maandag te begin. 

Alle aanduidings is dat ons inentingsprogram op klein skaal gaan wegtrek. Die gebrek aan inligting oor presies hoe en waar dit in werking gestel gaan word, is ondanks die hand-op-die-hart-belofte van dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, in Januarie dat hy gereeld alle inligting sal deel. 

Pas weer het dit uitgelek dat Mkhize provinsies glo gewaarsku het dat ons vir alle praktiese doeleindes rééds in 'n derde golf is, hoewel “dit nie aan die tegniese definisie mag voldoen nie". “Die syfers sal nie meer daal as ons nie begin met intensiewe bekampingsmaatreëls nie," het Mkhize in 'n teksboodskap aan provinsies gesê, het News24  berig (https://www.news24.com/news24/southafrica/news/mkhizes-3rd-wave-warning-he-knows-we-will-end-up-with-trauma-and-suffering-again-20210513). Daar was 'n geskarrel om Mkhize se uitgelekte boodskap op te klaar en die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het gesê “dit is kommerwekkend dat daar 'n skerp styging is in die persentasie Suid-Afrikaners wat positief toets vir Covid-19". ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.