LIEWE leser, ek is bly om die nuus met jou te deel dat my finansiële vooruitsigte sedert die afgelope Maandag heelwat rooskleuriger daar uitsien. Rooskleuriger in ieder geval as toe ek my meer as ’n jaar gelede asvaal geskrik het vir nuwe insae (https://www.vryeweekblad.com/ekonomie-en-geldsake/2020-03-05-waaat-hoeveel-s-jy-moet-ek-spaar-om-te-kan-aftree/) in aftreegeld deur navorsers aan die Universiteit Stellenbosch.
Hulle het met ’n formule (https://www.vryeweekblad.com/ekonomie-en-geldsake/2020-03-05-waaat-hoeveel-s-jy-moet-ek-spaar-om-te-kan-aftree/) vorendag gekom om te bereken presies hoeveel jy nou moet spaar om weldra op jou louere te kan rus. Die slegte nuus was dat ek bereid sou moes wees om voortaan maandeliks byna 80% van my salaris vir my oudag opsy te sit.
Ek het mettertyd van die skok herstel en my beleid ten opsigte van aftreegeld hervat, naamlik dat dit beter was om eerder nie daaraan te dink nie – tot ek presies 10 dae voor my 60ste verjaardag met Kim Potgieter gesels het...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Rassie: Proteas se laatblom met net ’n Plan A