POLITIEKE NOTABOEK | ’n Ererol van Gupta-vloekers

HELDE EN SWERNOTE

POLITIEKE NOTABOEK | ’n Ererol van Gupta-vloekers

Enigiemand wat al vir Ajay Gupta in sy gesig gesê het ‘Go fuck yourself' verdien om op ’n ererol geplaas te word, skryf MAX DU PREEZ. Hy skryf ook oor die jongste konflik in die Midde-Ooste en vra of die Palestyne dan nie ook ’n reg op selfverdediging het nie.

JOERNALISTE snuffel graag skelms en swernote uit en noem hulle goed soos mamparras. Ek wil vandag eerder twee helde uitsonder: Suid-Afrikaanse staatsamptenare wat die nou en kronkelende paadjie van eerlikheid en integriteit geloop het al was hulle lewens en loopbane op die spel.

Ek ken aan hulle die Orde van Aristides toe, volgens Sokrates die eerbaarste man wat antieke Griekeland ooit opgelewer het.

Die eerste een is Themba Maseko (https://www.vryeweekblad.com/mense-en-kultuur/2021-05-14-themba-maseko-trotse-staatsamptenaar-briljante-segsman-zupta-fluitjieblaser/), oor wie kollega Anneliese Burgess elders in dié uitgawe skryf. Hy was die hoof van die regering se kommunikasiediens toe Jacob Zuma president geword het. Hy vertel in sy pasverskene boek, For My Country: Why I blew the whistle on Zuma and the Guptas, hoe die broers Gupta hom in Zuma se naam probeer manipuleer het, en hoe dit die einde van sy loopbaan beteken en sy lewe geruïneer het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.