IN Themba Maseko se lewe is daar die fisieke verlies van kamerade en geliefdes wat aan die dood afgestaan word, onder andere sy boesemvriend en mede-aktivis Bheki Mlangeni, wat in 1991 deur Vlakplaas-polisielede vermoor is, maar uiteindelik ook die dood van die politieke idealisme wat hy vir die eerste keer as 12-jarige kind tydens die Soweto-opstande in 1976 ervaar het. Dit het hom deur 'n leeftyd van aktivisme en openbare diens gedryf, maar daardie idealisme word uiteindelik deur sy ervaringe in die Zuma-jare doodgesmoor.
Die ontnugtering oor die ANC wat aan die skeur is, die staat se tegnokratiese vermoëns wat stukkie vir stukkie onder Zuma weggekalwe is, en die Zuptas se tentakels wat 'n al hoe sterker houvas gekry het, het Maseko met 'n intense politieke en spirituele verdriet gelaat. As toegewyde ANC-kader en uitmuntende staatsamptenaar moes hy onder meer toekyk hoe 178 direkteurs-generaal uit die staatsdiens vlug.
Maseko het dié verdriet probeer verwerk met die skryf van For My Country: Why I blew the whistle on Zuma and the Guptas, vertel hy my: “Dit was terapeuties om al die drade van al die stories bymekaar te trek."..
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Lindiwe: Ambisieuse ‘prinses’ wil president wees