Covid: 400 dae en 400 nagte in die wildernis

KATVOET OOR COVID

Covid: 400 dae en 400 nagte in die wildernis

400 dae van hande was en maskers dra, van inperking in een of ander vorm, van ontwrigting, vereensaming. Van kennisspronge en wetenskapwonders. Van leer zoom en bier brou. Van seer harte. Van afskeid neem. ANNELIESE BURGESS beur terug deur die getye van die grootste ontwrigtingsgebeurtenis van ons leeftyd en berig oor hoe ons en die wêreld om ons onherroeplik verander het.

COVID-19 is steeds met ons. 'n Deursigtige virusrook walm steeds oral waar daar mense is. Vriende en kennisse raak steeds siek. En gaan steeds dood. Maar ná 400 dae se akklimatisering is die skerp kante vir selfs die mees Covid-versigtige onder ons dowwer gevryf. Ons gaan versigtig aan met die lewe, want ons moet. Maar die wêreld waarin ons beweeg, het diep en fundamenteel (en waarskynlik vir altyd) verander.

Ek luister na die manne van die tuindienste se middagete-praatjies. Die klank van hulle opgeruimde gelag krul soos rook deur my studeerkamervenster. Hier binne sukkel ek met woorde. Vir die regte formulering en toon. Hoe vat jy die vergruisende vreemdheid van die afgelope 13 maande vas? Hoe ontknoop jy die algehele andersheid van ons nuwe wêreld? Hoe verwoord jy die sogenaamde Nuwe Normaal? En wat is hierdie onverklaarbare gevoel wat gereeld soos 'n mank skoenlapper in my bors kom lê?

My dogter giggel op die bank saam met haar maatjie. Ek keer myself toe ek wil sê hulle moenie so inmekaargevleg lê nie. Sy is een van net twee kinders wat by ons aan huis kom – uit ons nood-leer-bid-want-die-kinders-raak-van-hulle-koppe-af-bubble met twee ander huisgesinne. (Die ander is nie so versigtig soos ons nie, maar nou ja ...) Nombulelo Matjila, ons helper in die huis, is met haar masker iewers doenig. Sy't vir 'n hele jaar by die huis gebly. Nes ons. Elke venster in die huis is oop vir 'n trek al is dit vandag nogal koud. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.