DIT is soos 'n kanker, verduidelik iemand hierdie week hoe die krisis in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) oor die afgelope twee dekades gemetastaseer het tot op die huidige punt van naby insinking.
Ons begin in 2002. Die oorgangsjare is verby, en die ANC is stewig in beheer. Thabo Mbeki is president. En Jackie Selebi word die kommissaris van polisie. Selebi is 'n diplomaat en 'n politikus met geen kennis van polisiëring nie.
Dit was 'n vreemde aanstelling – iemand sonder 'n greintjie operasionele ervaring word Suid-Afrika se toppolisieman. Maar daar was natuurlik ook – veral in daardie tyd – in ANC-geledere groot sensitiwiteit rondom die rol wat die “ou polisie" tydens die apartheidsjare gespeel het, en hierdie agterdog het heel moontlik 'n groot rol gespeel in Mbeki se besluit om 'n ANC-lojalis (wat polities na aan hom was) en wat heeltemal buite die stelsel gestaan het, in die sleutelpos aan te stel...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Die geheime lewe van ’n introvert