GOEDDEMOERIN
Die bevrydende woede van die middeljarige vrou
Die storie begin by 'n gesprek met 'n vriendin. En toe nog een. En 'n WhatsApp-groep met 'n klomp ander later besef ons, met groot verligting, dis 'n universele ervaring. ANNELIESE BURGESS berig oor die wonderbaarlike, helende woede van die middeljarige vrou. (* Waarskuwing: Hierdie artikel bevat vloekwoorde en verwysings na seks.)
GOEDDEMOERIN
Die bevrydende woede van die middeljarige vrou
Die storie begin by 'n gesprek met 'n vriendin. En toe nog een. En 'n WhatsApp-groep met 'n klomp ander later besef ons, met groot verligting, dis 'n universele ervaring. ANNELIESE BURGESS berig oor die wonderbaarlike, helende woede van die middeljarige vrou. (* Waarskuwing: Hierdie artikel bevat vloekwoorde en verwysings na seks.)
Deel
DIE vroue in die Tweede Hoofstuk-WhatsApp-groep sluit in 'n 46-jarige joernalis met twee klein kinders en 'n 68-jarige sielkundige wat nog voldag werk.
Hulle is almal slim. Die meeste het universiteitsgrade. Almal is bekommerd oor die toekoms – en is veral bekommerd oor geld ('n verrassende getal is broodwinners). Daar is ’n bietjie berou en onvergenoegdheid, maar ook baie dankbaarheid en vrede. Daar is kwellinge met seks (te veel, te min, sy's nie meer lus nie, hy's nie meer lus nie), en slapeloosheid (almal sukkel daarmee). Baie voel hulle drink te veel. Dié in hulle 40's en 50's swoeg in baie gevalle met die dubbele verantwoordelikheid van kinders én bejaarde ouers. Uitputting is 'n deurlopende tema.
Almal is slim genoeg om te weet dat die goed waarmee ons nou worstel anders is as toe ons 20 of 30 was omdat ons nou minder tyd óór het as wat ons al uitgelewe het. Dit is net 'n feit. Dit laat ons anders dink. En ander prioriteite stel...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Ons moet praat oor die dood
Cele: onnie wat homself generaal gemaak het
Die jaar waarin ek geleer het om te huil
Slim Karim: ’n wêreldleier in stryd teen Covid-19
Vrystaat se wiskunde-wonder uit Kameroen
Ivan Pillay: belastingbaas en JZ-nemesis
Deel
-
Deel
Anneliese Burgess
JoernalisAnneliese Burgess is 'n voormalige mederedakteur van Vrye Weekblad. Sy is aangewys as algehele wenner van die 2023 ATKV-Mediaveertjie vir ondersoekende joernalistiek.