HY is Suid-Afrika se minister van polisie, 'n politikus. Maar nes sy kollega voor hom, die nimlike Fikile Mbalula, a.k.a. Mister FearFokkol (die Twitternaam wat hy homself tydens sy ministerstermyn gegee het), hou hy van generaal-generaal speel. Veral as die kameras rol. Dan is dit afdreig en beheer vat en grootpraat.
Maar anders as FearFokkol was Bhekokwakhe “Bheki" Hamilton Cele wel eens op 'n kol 'n generaal. Hy was kommissaris van polisie toe die besluit geneem word dat die polisie weer militêre titels moet aanneem. En op dié manier word die ANC-politikus van KwaZulu-Natal toe generaal Bheki Cele van Wachthuis.
En “Die Generaal ”was behoorlik terug tydens Suid-Afrika se staat van inperking die afgelope 10 maande, veral met betrekking tot die afdwinging van die wêreld se strengste Covid-19-alkoholverbod...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.