Die mense onder die boom

KERSDAG BY DIE AA

Die mense onder die boom

‘Ek reken dit is hoekom ek boom toe gaan – om myself te herinner waar ek vandaan kom.' Só skryf VIV VERMAAK oor haar gunsteling-AA-groep, wat Saterdagoggende onder ’n boom in Boksburg ontmoet, en waar sy gehoor het alles sal orraait wees.

MY gunsteling-AA-groep ontmoet Saterdagoggende onder 'n boom in Boksburg. Dit is 'n staatsgeborgde fasiliteit so dit lewer meestal diens aan arm mense van die omliggende townships en plakkerskampe wat ingeboek word met tik- en sjebiengewoontes, maar jy loop elke nou en dan 'n suiplap van die suburbs ook daar raak.

Ons sit in 'n sirkel en stel onsself een vir een voor. Dit gaan so: “Hi, my naam in Sipho en ek is 'n verslaafde.” Dan antwoord almal: “Hi, Sipho!” in 'n ondersteunende stemtoon. Of jy sê: “Hi, ek is Viv en ek is 'n dronkie,” ensovoorts. Jy ontmoet ook mense soos Annatjie. Sy dra 'n chiffonbloes en is netjies gegrimeer met ’n styfbespuite bouffant. Sy het by die voorstellings vasgehaak. “Hi, my naam is Annatjie, en ….” Dan bly sy stil en wuif vir die volgende persoon om te praat. Sy kon net nie.

Die mense onder die boom is desperaat. Ek sou selfs sê bedenklik. Ook maar goed so. Hulle het geen idee in daardie stadium hoe moeilik dit is om sober te word of te bly nie. Ek reken dit is hoekom ek boom toe gaan – om myself te herinner waar ek vandaan kom. Op pad het ek smokes gekoop by die Pick 'n Pay. Peter Stuyvesants, want dit is Krismis. In rehab is sigarette 'n geldeenheid. Ek het dit uitgedeel en almal in die sirkel het lekker diep getrek...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.