KRY ENT!
Covid-19-entstof: die regering se kriminele versuim
Dit is baie naby aan Cyril Ramaphosa se Thabo Mbeki-vigs-oomblik – 'n onvergeeflike versuim om betyds entstof teen Covid-19 te bekom. Eers ná ongekende druk deur mediese wetenskaplikes, die burgerlike samelewing en die media het die regering dié week 'n effe wakker geskrik en oral in die wêreld begin bakhand staan. Indië het pas 1.5 miljoen dosisse belowe en Kanada het ook gister vae beloftes van hulp gemaak. ELSABÉ BRITS ontleed die regering se flaters, leuens en halwe waarhede en probeer takseer hoeveel Suid-Afrikaners binnekort ingeënt sal kan word.

Deel
FEIT: Covid-19 is die dodelikste pandemie in meer as 'n eeu. Byna 2 miljoen mense het al daaraan gesterf. In Suid-Afrika is die dodetal heelwat meer as die amptelike sowat 33,000.
Feit: Die pandemie het ekonomieë wêreldwyd op die knieë gedwing. In Suid-Afrika het die bruto nasionale produk met sowat 8% gedaal en werkloosheid en voedselnood het die hoogte ingeskiet.
Feit: Elke wetenskaplike en ekonoom wat sy of haar sout werd is, het vroeg verlede jaar al gewaarsku dat 'n entstof die enigste manier is vir bevolkings om gou kudde-immuniteit op te bou sodat ekonomiese aktiwiteite na normaal kan terugkeer...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel
Elsabé Brits
JoernalisElsabé Brits is 'n joernalis wat haar toespits op die wetenskap en geneeskunde.