Ivan Pillay: van MK tot belastingbaas-nerd (en JZ se nemesis)

UITGEWERK, ONTNUGTER

Ivan Pillay: van MK tot belastingbaas-nerd (en JZ se nemesis)

Hy was die mees senior slagoffer van die vagevuur wat Jacob Zuma en Tom Moyane in die Suid-Afrikaanse Inkomstediens aangeblaas het. Ivan Pillay is nie net uit sy pos gedwing nie, sy reputasie is deur die modder gesleep. ANNELIESE BURGESS probeer uitpluis wie die stil man is wie se naam sinoniem geword het met die sogenaamde “rogue unit” en gebruik 'n nuwe boek oor Pillay, deur die Hollandse joernalis Evelyn Groenink, as haar gids.

IVAN is sy strugglenaam. Sy geboortenaam is Visvanathan en hy was die jongste van sewe kinders, 'n “maer, tingerige, sieklike seuntjie" skryf Evelyn Groenink in The Unlikely Mr Rogue: My life with Ivan Pillay. Evelyn is 'n ondersoekende joernalis wat met Pillay getrou het en was eens 'n prominente aktivis in die Nederlandse anti-apartheidsbeweging en Kommunisteparty. 

'n Mens aanvaar dat Groenink se blik op haar man 'n simpatieke een sal wees (in onderhoude is sy vurig lojaal teenoor hom), maar dit is ook 'n fassinerende insae in die lewe van 'n hoogs private man oor wie se persoonlike lewe bitter min bekend is. Hoewel sy naam nou al jare lank in die opskrifte verskyn saam met onder meer dié van Johan van Loggerenberg en Pravin Gordhan, is hy die een wat nie praat wanneer hy nie móét nie; in elk geval nie in die openbaar nie. 

Groenink gaan haal die verhaal van klein Visvanathan by sy kinderjare in Merebank, Durban. Sy pa het versekering verkoop. Sy ma was 'n tuisteskepper. Die kinders het in 'n liefdevolle, stabiele huis grootgeword en hulle ouers het 'n sin van regverdigheid in hulle gekweek...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.