Die Groot Kwytskelding: Trump red wat hy kan om sy bas te beskerm

OUTORITÊR EN KORRUP

Die Groot Kwytskelding: Trump red wat hy kan om sy bas te beskerm

Wat het die Trumps om weg te steek? Is dit ’n geval van wat die hart van vol is, loop die mond van oor, vra ARRIE ROSSOUW uit Amerika.

VIR jare sal geskiedskrywers die Donald Trump-regime ontleed en beskryf en, soos in die geval van die Adolf Hitler-era, lesse probeer uitlig vir die demokrasie – oor die hoe en die wat en die waar van sy opkoms as politieke leier, sy ondersteuners, sy invloed op die samelewing, en sy uiteindelike ondergang.

Dit is nog te gou om die langtermyn-uitwerking van pres. Trump se regime (volgens die Oxford English Dictionary “ ’n regering, veral 'n outoritêre een”) te ontleed. Net die tyd sal leer of sy vier jaar aan bewind permanente skade aan die Groot Demokratiese Eksperiment aangerig het.

Maar daar behoort eenstemmigheid onder waarnemers te wees dat die Trump-bewind een van die mees outoritêre en korrupte was wat Amerika nog beleef het sedert die Amerikaanse grondwet 233 jaar gelede onderteken is. Dis net die dun grys lyn van professionele amptenary wat tussen hom en 'n meer outoritêre toekoms gestaan het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.