‘Slim’ Karim: van fabriekswerker se seun tot wêreldleier in...

SA SE DR. FAUCI

‘Slim’ Karim: van fabriekswerker se seun tot wêreldleier in die stryd teen Covid-19

Prof. Salim Abdool Karim en dr. Anthony Fauci van Amerika het hierdie week ’n gesogte internasionale toekenning gedeel. Die hooggeagte John Maddox-prys vir 2020 is aan hulle toegeken vir hulle uitmuntende werk as gesondheidsraadgewers in die tyd van Covid-19 en omdat hulle “die wetenskap in die openbaar verdedig". ANNELIESE BURGESS het meer gaan uitvind oor die briljante wetenskaplike wat ons Covid-skip deur die storm help stuur.

DAAR is 'n paar stories oor hoe prof. Salim Abdool Karim die bynaam “Slim" gekry het. Ek kies om die mees poëtiese een te glo: dat 'n Afrikaanse onderwyser vir 'n vrypostige skoolseun gesê het hy moet hom nie kom slim hou in haar klas nie, en dat die naam daarna aan die seun bly vasklou het.  Dit is beslis 'n gepaste bynaam, want daardie skolier van die Gandhi Desai High School is vandag nie net een van Suid-Afrika se voorste mediese navorsers nie, maar ook een van die wêreld se voorste epidemioloë.

Abdool Karim, die seun van 'n fabriekswerker, wou eintlik ná skool 'n  ingenieur word, maar verander toe van koers toe hy 'n beurs kry om medies te gaan studeer aan die Universiteit van Natal, in daardie jare die enigste plek waar dit moontlik was vir iemand wat nie wit was nie.

Slim doen gou sy naam gestand. Hy is ambisieus en 'n knap student (https://research.assaf.org.za/bitstream/handle/20.500.11911/74/SALIM%20S%20ABDOOL%20KARIM.PDF?sequence=54&isAllowed=y). In sy derde jaar publiseer hy reeds sy eerste navorsingsartikel in Journal of Health Services saam met sy mentor, die legendariese prof. Jerry Coovadia. In 1987 kry hy 'n beurs om sy meestersgraad aan die Columbia-universiteit in New York te gaan doen...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.