GELUK is ’n skoenlapper, het die Amerikaanse skrywer Nathaniel Hawthorne eenmaal gesê. As jy dit probeer vang, bly dit altyd buite jou bereik.
Dié gedagte, so voor die hand liggend waar, is egter geen afskrikmiddel vir die geluksmouse van die internet nie. Die handel in skoenlappernette het veral in die afgelope jaar skerp toegeneem.
Die uitwerking van afsondering, ekonomiese teëspoed, siekte en sterfte op mense se gemoedstoestand was botter op die brood van die internetkwakke. Handleidings en podsendings en vyfpuntplanne vir ’n gelukkiger lewe het soos kitsdiëte aanlyn versprei. Selfs wetenskaplikes het ingeklim, en registrasies vir meer as een aanlyn kursus oor geluk wat deur respektabele instellings aangebied word, het in die miljoene gaan draai. ..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.