×

Ons het nuus vir jou.

Registreer gratis op Vrye Weekblad en ontvang nuusbriewe per e-pos, lewer kommentaar en meer.
Registreer nou
‘Moscow Mitch’ sit deksel op kookpot: Die Trump-droom is dood

STORTKOP-NALATENSKAP

‘Moscow Mitch’ sit deksel op kookpot: Die Trump-droom is dood

Donald John Trump het die laaste paar weke sy woede-aanvalle gemik op Republikeine wat dalk nie geesdriftig en hard genoeg sy stroom aantygings oor stembusbedrog en mislukte hofsake ondersteun het nie. Maar nou het hy vir die eerste keer in die openbaar losgetrek teen sy jare lange vertroueling Mitch McConnell, die invloedryke leier van die Republikeine in die senaat. ARRIE ROSSOUW skryf uit Amerika oor wat dit – en stortkoppe – vir Trump beteken.

“TRUMP draai teen McConnell.” Dit het lank gevat, maar dit was onafwendbaar. Daar is lig aan die einde van die tonnel. Die vier jaar lange Trump-ramp is (amper) verby.

Die einde is ingelui met die verloor van die verkiesing. Gewoonlik is dit ook die einde van die presidensiële verhaal van vier of agt jaar. Maar dit was Amerika nie beskore nie.

Toe volg die byna 60 mislukte Trump-hofaansoeke en die twee baie reguit uitsprake deur die hooggeregshof wat onomwonde verklaar het dat die Republikeinse aansoeke om die verkiesingsuitslag om te keer benede die vlak van die hof is; nie die aandag van die hof werd nie. Kortom, dis ongegronde aansoeke en word verwerp...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 November af sal jy ’n subskripsie kan uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.