Van Mexiko tot Mpumalanga: die wêreld se onblusbare lus vir avokado’s

MEER AS KOS

Van Mexiko tot Mpumalanga: die wêreld se onblusbare lus vir avokado’s

Avokado-verkope het oor die hele wêreld heen ontplof. Twintig jaar gelede was die vaal vruggie redelik onbekend op die wêreldmark, maar het dit intussen een van die gewildste kossoorte geword. ANNELIESE BURGESS vertel die storie van hoe die beskeie inheemse oro verde van Sentraal-Amerika een van die voorste trends in die koswêreld geword het, maar ook hoe misdadige elemente in veral Mexiko (en ook in Suid-Afrika ) nou inbeweeg op die winsgewende groen goud.

ROSE Cafe in Venice, Los Angelos, is 'n tipiese Kaliforniese eetplek. Wit mure, rottangmeubels en plante wat in groot mandjies van die dak hang. Die spyskaart maak voorsiening vir elke moontlike kliëntevoorkeur in 'n stad waar gesondheid 'n godsdiens is en “glutenvry, suiwelvry en veganisties” die heilige drie-eenheid.

Die gewildste item op die spyskaart by Rose Cafe is avo toast. Dit is letterlik net dit. Een stuk roosterbrood met avokado, 'n paar rissievlokkies, pistachioneute en 'n eier bo-op. Dit kos $18 (R268). 

Avokado's het sinoniem geraak met die Kaliforniese welstand-leefstyl en die daarmee gepaardgaande “vars cuisine”, maar die aptyt vir die “supervrug" raak net al hoe groter oor die wêreld heen...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.