STADSJAPIE MET PLAASWORTELS
Shilowa: Die ANC kan net oorleef as die vrot kolle uitgesny word
Mbhazima Shilowa was eens 'n groot gees in die politiek. Eers as sekretaris-generaal van Cosatu, mettertyd lang draaie in die ANC en later premier van Gauteng. Toe word hy adjunkpresident van die wegbreekparty Cope, wat in trane geëindig het. Dis nou 'n dekade sedert hy die partypolitiek vaarwel geroep het, maar ANNELIESE BURGESS vind by hom uit hoekom die politiek hóm nie verlaat het nie, oor sy liefde vir jazz, en waarom Twitter vir hom 'n prettige plek is.

Deel
ONS gesprek hak en tak 'n bietjie aan die begin, want hy ry van Tzaneen na sy “village" in Limpopo. Die sein is nie te waffers nie, maar tussen die “kan jy my nou hoor?" en “wag, hier kom 'n bergpas" gesels ons oor sy hartstog vir die natuur, die ANC se leierskapsprobleme en hoe baie hy daarvan hou om mielies te plant op die plasie in Limpopo wat al sedert die 1920's aan sy familie behoort.
Shilowa was nog altyd vir my meer as lewensgroot – nie net wat sy fisieke teenwoordigheid betref nie, maar ook wat sy politieke persoonlikheid betref. Die voormalige sekuriteitswag wat 'n vurige vakbondleier word en later die premier met die mooi snyerspakke, maar met rooi sokkies en 'n werkerskeps daarby uit erkenning vir sy SAKP-lidmaatskap.
Die man met die groot vernuwingsplanne – onder meer die sogenaamde Shilowa Express oftewel Gautrain. En uiteindelik die beginselvaste besluit om die ANC te verlaat ná die Thabo Mbeki/Jacob Zuma-uitval, wat toe op bietjie van 'n boggerop uitgedraai het (maar meer hieroor later)...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Deel
Deel
Volgende artikelAnneliese Burgess
MederedakteurAnneliese Burgess is mederedakteur van Vrye Weekblad.