Willie Jones: agter die skerms van Koster se groot regruk-plan

TOT DIE REDDING

Willie Jones: agter die skerms van Koster se groot regruk-plan

Dit is 'n merkwaardige verhaal: drie klein gemeenskappe in Noordwes wat die watersuiwerings- en riooldienste van 'n onbekwame munisipaliteit oorgeneem het en dit binne agt weke van die rand van ineenstorting gered het. ANNELIESE BURGESS gesels met Willie Jones, een van die groot geeste agter die dramatiese plattelandse regruk-aksie.

AGT weke. R14 miljoen uit hulle eie sakke. En een hengse gemeenskapspoging later loop skoon water, ná jare, weer in Koster. En is die rioolaanleg ook nie meer 'n stinkende put nie. En loop die rioolvullis ook nie meer in die rivier in wat die dam voed waar Koster sy drinkwater vandaan kry nie.

Die storie oor hoe die gemeenskappe van Koster, Derby en Swartruggens uiteindelik (ná jare en jare se smeek, sukkel en 31 hofoorwinnings) die plaaslike munisipaliteit uiteindelik voor die hooggeregshof gesleep het vir swak dienslewering. En hoe 'n regter 'n bevel uitgereik het dat as die plaaslike regering nie sy werk doen nie, inwoners toegelaat moet word om die dienslewering oor te neem (en toe sommer die munisipale bestuurder 'n opgeskorte vonnis van gevangenisstraf opgelê het vir pligsversuim), het Suid-Afrika nou al vir weke aan die gons.

Dit was 'n verreikende hofbevel. Prof. Pierre de Vos, een van Suid-Afrika se voorste grondwetkenners, sê dit is een van die radikaalste uitsprake wat tot nog toe in Suid-Afrika gemaak is om die verantwoordbaarheid van plaaslike regering af te dwing...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.