Vakbonde op ’n ander planeet oor staatsdienslone

BUITENSPORIGE EISE

Vakbonde op ’n ander planeet oor staatsdienslone

Die geloofwaardigheid van die nasionale begroting gaan sommer gou getoets word, maar die reg en die morele argument is aan die kant van die tesourie in die komende geveg oor staatsdienslone, skryf HUGO PIENAAR.

NIE eens ’n week nie ná die goeie bedoelings in die Februarie-begroting om die loonrekening van die staat binne perke te hou, is die slagordes opgestel toe die Vereniging van Staatsamptenare (PSA) ’n lys van eise vir die volgende ronde van loononderhandelinge vir staatsdienswerkers bekendgemaak het.

Die PSA eis onder meer ’n salarisverhoging vir staatsamptenare van vier persentasiepunte bo die verwagte verbruikersinflasiekoers. Die tesourie verwag dat die inflasiekoers vanjaar omtrent 4% sal wees – die looneis kom dus op ’n stewige 8%-salarisverhoging neer. Verder wil die vakbonde slegs ’n eenjaarooreenkoms sluit pleks van die gebruik om ’n ooreenkoms oor drie jaar te beding.

Dan is daar boonop nog eise, insluitend dat daar weggedoen moet word met die onderste drie salarisskale in die staatsdiens. Werkers op ’n lae posvlak moet almal tot vlak 4 bevorder word, volgens die vakbonde. Volgens data in die Oktober 2019-begrotingsverklaring van die tesourie was die gemiddelde salaris van ’n staatsamptenaar met ’n vlak 1-aanstelling in die 2018/19-belastingjaar R130,379. Iemand met ’n vlak 4-pos het gemiddeld R237,818 verdien. Die syfers sal teen dié tyd effe anders lyk, maar die implikasie van die vakbondeis is dat iemand op vlak 1 ’n salarissprong van meer as 80% sou kry. Dit terwyl baie werkers in die privaat sektor gelukkig sal wees om vanjaar ’n verhoging van 3.5% tot 4% te kry...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.