’n Grootgeestige visie vir ’n beter wêreld

GRYS EN WYS

’n Grootgeestige visie vir ’n beter wêreld

Warren Buffett se jaarlikse brief aan aandeelhouers van die Amerikaanse beleggingsreus Berkshire Hathaway is pas weer gepubliseer. Soos gewoonlik is dié brief vermaaklik en verrykend, en bied dit talle insigte in waarheen die wêreld dalk op pad kan wees, skryf WILLEM KEMPEN.

AS Donald Trump die aangesig is van alles wat die slegste van Amerikaanse kapitalisme is – kleingeestigheid, kortsigtigheid, oppervlakkigheid, benepenheid – dan is die superbelegger Warren Buffett, voorsitter van Berkshire Hathaway, die presiese teenpool.

In die 90-jarige Buffett se wêreld word geld nie oornag gemaak nie, en ook nie ten koste van ander nie. In hierdie wêreld is jy selfs versigtiger met ander mense se geld as met jou eie, jy vat jou pak as jy verkeerd was, en jy gee erkenning aan die mense wat jou gehelp het om te kom waar jy is.

In hierdie wêreld kan enigiemand met ondernemingsgees bo uitkom as hulle slim en hard genoeg werk en die kanse aangryp wat oor hul pad kom. En geen ander land bring soveel geleenthede oor ’n mens se pad as die VSA nie, is Buffett se boodskap...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.