KITSKENNIS | Voorwaarts, mars: Hier kom die Über-soldate!

KLINK SLIM OM DIE BRAAIVLEISVUUR

KITSKENNIS | Voorwaarts, mars: Hier kom die Über-soldate!

Die perfekte soldaat is ’n vreeslose, gewetenlose en bedrewe vegter wat doen wat hy gesê word om te doen, nooit kos hoef te kry nie en deur niemand gemis word as hy nie meer daar is nie. So ’n soldaat bestaan nie – nóg nie, skryf WILLEM KEMPEN.

DIE vlieënier van die dreuntuig wat vroeg verlede jaar die missiele afgevuur het wat die dood van onder andere Iran se genl.maj. Qassem Soleimani buite Bagdad veroorsaak het, was waarskynlik ’n jongerige Amerikaner wat 12,000 km van daar af in ’n gemakstoel in ’n lugverkoelde beheerkamer van die Creech-lugmagbasis in Nevada gesit het toe hy die knoppie gedruk het.

Dié soort oorlog-oor-’n-afstand lyk dalk makliker as wat dit was in vroeëre tye van swaarde of kanonne of loopgrawe, maar daar is nog steeds mense betrokke – mense wat moet besluit of hulle daardie soort bevel moet gee, mense wat moet besluit of hulle dit gaan uitvoer, en mense aan die ander kant wat die gevolge van daardie besluite aan die lyf voel.

Ten spyte van al die tegnologie wat deesdae tot ’n moderne weermag se beskikking is, is dit nog steeds soms nodig om te hê wat die Amerikaners noem “boots on the ground”: regte mense wat iewers weg van die huis af ontplooi word, en wat kos en slaapplek moet kry. Vir dié soldate is daar ook heelwat tegnologie wat help om hulle aan die lewe te hou, soos die Talos-eksoskelet waaraan die Amerikaanse weermag al sedert 2014 werk...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.