Inperking: Hou op, julle skeur ons in twee!

TUSSEN DIE KORING EN DIE KAF

Inperking: Hou op, julle skeur ons in twee!

Oor die meriete van inperking, soos oor enige ander aspek van die pandemie, hou oënskynlik ingeligte mense dikwels teenoorgestelde menings met presies dieselfde passie en oortuiging aan ons voor. WILLEM KEMPEN probeer uitpluis waar die redelike middelgrond is.

“JULLE trek my uitmekaar!” skreeu James Dean se opstandige karakter in Rebel without a Cause vir sy ouers. “Jy sê een ding, hý sê iets anders, en dan ruil almal weer om.”

As Dean se Jim Stark dit in die 1950’s moeilik gevind het om sy rigting te vind, sou hy in die 2021 van sosiale media en in die middel van ’n pandemie sekerlik heeltemal rasend geword het. Want waar die wêreld 60 of 70 jaar gelede gesukkel het om van konformiteit en voorskriftelikheid weg te breek, sukkel ons deesdae om oor selfs voor die hand liggende feite saam te stem. Ons instink het geword om enigiets van owerheidskant met skeptisisme en wantroue te bejeën, en in die plek daarvan terug te val op soms obskure bronne met wie ons een of ander siening van die werklikheid deel.

Hier in Suid-Afrika is dié houding dalk selfs sterker, want ons het oor dekades en eeue heen feitlik geen geskiedenis van ’n landsregering wat ewewigtig na al sy inwoners omsien nie. En in baie opsigte het dit ons sedert 1994 gepas om ’n staat te hê wat te swak is om goedsmoeds sy wil op almal te kan afdwing. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.