Welkom in die vreemde, wonderlike wêreld van veerpyltjies

IN DIE KOL!

Welkom in die vreemde, wonderlike wêreld van veerpyltjies

Hy is die African Warrior van Mitchells Plain, nou van Bradford in Engeland – ’n man wat ’n suksesvolle loopbaan maak uit ’n sport wat nie eens altyd as ’n sport beskou word nie, maar al hoe meer skares én kykers lok. ADRI KOTZÉ gesels met Devon Petersen, seker die gaafste van al die kleurryke professionele veerpyltjiespelers.

DIS soos 'n madeliefie wat uit die beton groei, verduidelik die man met die kaalgeskeerde kop en getatoeëerde linkeram. Devon Petersen is homself aan die beskryf, of in elk geval sy merkwaardige prestasies en vordering die laaste paar maande in die corona-tyd van inperking. Hy het die kans gekry vir “introspeksie" en “nabetragting" – en dít was 'n goeie ding, sê hy. 

Dis verrassend, selfs onthutsend, dat een van die sterre van dié mees macho en testosteroongevulde van sportsoorte (kom ons noem dit argumentshalwe vir eers 'n sport) sommer reg aan die begin van die Zoom-gesprek so digterlik raak. 

Maar dan is die 34-jarige Petersen, die outjie van Mitchells Plain en deesdae van die post-industriële stad Bradford in die noorde van Engeland, een van 'n nuwe geslag beroepspelers wat veerpyltjies uit sy wit werkersklaswortels van rokerige kroeë met bierbevlekte matte tot by volgepakte arenas gesleep het en die geld laat inrol vir TV-kanale...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.