IN November 2020 het Donald Trump die Amerikaanse presidentsverkiesing verloor. Hy het geweier om sy teenstander se oorwinning te erken en vir twee maande daarna gekerm, gekonkel en uiteindelik die afgelope week sy gepeupel aangehits om die Kongresgebou in Washington te bestorm.
Stacey Abrams het in November 2018 die kongresverkiesing in die deelstaat Georgia verloor. Sy hou steeds vol dat sy dié verkiesing eintlik gewen het, maar nie die werk gekry het nie. In die twee jaar sedertdien het sy haar beywer om kiesersonderdrukking deur die Republikeine, wat sy as die rede vir haar nederlaag beskou het, te beveg, en veral swart kiesers te oortuig dat hulle stem tel.
Nou word Joe Biden se naelskraapse oorwinning in Georgia, én die beslissende verkiesings die afgelope Dinsdag toe Raphael Warnock en Jon Ossoff die senaat in die Demokrate se guns laat kantel het, toegeskryf aan Abrams se vasberadenheid om kiesers in Georgia na die stembus te ontplooi...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.