EK gaan later vanjaar wanneer Suid-Afrika plaaslike verkiesings hou my kruisie agter die Demokratiese Alliansie se kandidaat trek. Met lood in my hart en sooibrand in my maag.
Die DA kon die ideale politieke tuiste vir mense soos ek gewees het. 'n Sosiaal-demokratiese party met 'n visie vir 'n effektiewe en voorspoedige maar deernisvolle staat en werkbare planne om die ongelykheidsgaping te vernou; ’n party waar alle klasse, rasse, taalgemeenskappe, geloofsgroepe en streke kan tuisvoel.
Die DA wat ek tans ervaar, is egter 'n spul keffers, bitterbekke en aftakelaars by wie swart en bruin gematigdes ál minder tuis voel en dus ál witter word. Die visie wat wel in hulle dokumentasie gestel word, word oordonder deur 'n anti-ANC-, anti-EFF-, anti-De Lille-, anti-Mashaba-manie wat baie as 'n anti-swart-sentiment ervaar...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.