Begin van die ‘roaring 20’s’ kan SA verbygaan

INENTING IS KRITIEK

Begin van die ‘roaring 20’s’ kan SA verbygaan

Die tweede Covid-19-golf, onbeholpenheid met die verkryging van ’n Covid-entstof en sloerende groei dui op gedempte plaaslike ekonomiese herstel in 2021, skryf HUGO PIENAAR.

MENIGE Suid-Afrikaner het op 31 Desember sekerlik ’n sug van verligting geslaak en ’n glasie geklink dat 2020 binnekort iets van die verlede sou wees. Ongelukkig is die vroeë aanduidings dat die jaar 2021 nou nie juis vir Suid-Afrika nirvana gaan wees nie. Bloot op grond van tegniese basis-effekte behoort daar ná die historiese BBP-inkrimping in 2020 weer ekonomiese groei (jaar tot jaar gemeet) in 2021 te wees. Die presiese omvang hiervan bly egter hoogs onseker, veral aangesien die plaaslike herstelmomentum reeds vroeg in die nuwe jaar ’n paar terugslae gekry het.

’n Jaar van twee helftes

Die volgehoue herstel van die Suid-Afrikaanse ekonomie is deels afhanklik van wat in die res van die wêreld gebeur. Vir van ons vernaamste handelsvennote het die jaar ook op ’n suur noot begin. In plekke soos Duitsland (die bestemming vir 8% van totale plaaslike goedere-uitvoer in 2019) en Brittanje (rofweg 5% van uitvoer) geld daar nou redelike streng inperkingsmaatreëls vir minstens die res van Januarie, en moontlik langer. Verder is die coronavirus, en Donald Trump, steeds buite beheer in die VSA. In teenstelling bly die Chinese ekonomie ’n positiewe verhaal, met aanduidings van volhoubare, robuuste groeimomentum in die begin van 2021. Meer as 10% van Suid-Afrika se totale goedere-uitvoer is in 2019 na China verskeep...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.