Massiewe belastinglas gaan SA ekonomie op die planke help hou

LAND VAN TOLLENAARS

Massiewe belastinglas gaan SA ekonomie op die planke help hou

As daar ’n positiewe les uit die Covid-pandemie te leer is, is dit dat die Suid-Afrikaanse ekonomie en die land se belastingbetalers nie op hul voete sal kan kom as die staat nie ophou om net ’n las op hul skouers te wees nie, skryf WILLEM KEMPEN.

IN Bybelse Judea het ’n tollenaar – gewoonlik ’n mede-Jood wat namens die gehate Romeinse owerhede belastings ingevorder het – min of meer dieselfde kans as ’n prostituut gehad om deur respektabele mense vir skemerkelkies by die plaaslike waterput genooi te word. Dit wil sê: nul.

Tollenaars is gesien as skelm en gierige opportuniste wat ryk geword het deur hulle eie mense uit te buit. Dat Jesus die tollenaar Levi (later Matteus) as een van sy dissipels gekies het, was dus ’n radikale daad wat in ons hedendaagse konteks vergelykbaar sou wees met sê nou maar Tom Moyane wat tesourier van die NG Kerk word.

Anders gestel: Sedert antieke tye is die invordering van belasting en die mense wat dit moet afdwing aan die onderkant van die gewildheidsleer. Niemand hou daarvan om ’n deel van hul swaarverdiende geld net so aan iemand anders te oorhandig nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.