TWEE-EN-DERTIG visepresidente gelede sou die huidige ampshouer, Kamala Harris, ’n slavin gewees het. Dertien visepresidente gelede sou sy ’n gesegregeerde skool moes bywoon. Elf visepresidente gelede sou sy soos die meeste vroue van kleur in Amerika nog nie kon stem nie, en sou dit teen die wet gewees het dat sy met Doug Emhoff, ’n wit man, trou.
Agt visepresidente gelede kon sy vir die eerste keer ’n bankrekening in haar eie naam oopmaak. Sewe visepresidente gelede kon ’n vrou in die VSA vir die eerste keer ’n kredietkaart kry sonder dat haar man daarvoor aansoek doen.
’n Grafika wat dié nogal veelseggende geskiedenis uitbeeld, het die afgelope week op Twitter die ronde gedoen. Dalk het jy dit tog tussen al die prettige meems van Bernie Sanders in sy reënbaadjie en handgebreide duimhandskoene raakgesien...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.