VSA: Die rose en liefde en vrede was bra kortstondig

REICHSTAG, DIKTATORSKAP, VERRAAD

VSA: Die rose en liefde en vrede was bra kortstondig

Die Republikeinse Party is besig om in te plof, skryf ARRIE ROSSOUW. Die Grand Old Party stuur af op 'n vernietigende skeuring – en Donald Trump sal die kans aangryp om sy relevansie te bewys in die aanloop tot die 2022-tussenverkiesings en die 2024-presidentsverkiesing.

FORT COLLINS, COLORADO – Dit is asof die tyd gaan stilstaan het en jy sien die ongeluk in stadige spoed voor jou oë afspeel, amper soos 'n nagmerrie waaraan jy nie kan ontsnap nie. Die Republikeinse Party in Amerika is besig om ten aanskoue van die hele wêreld in te plof – 'n ondenkbare scenario net vier jaar gelede.

Ná die gebeurde in die Kongres op 6 Januarie en die insurreksie wat daarmee gepaard gegaan het, sowel as die prosedurele stemming in die Senaat op 26 Januarie, is daar niks “grand” meer aan die byna 170 jaar oue Gallant Old Party of Grand Old Party van Abraham Lincoln nie. 

Die Republikeinse Party het dié naam in die 1880's gekry as 'n eretitel vir sy galante – moedige, begeesterde, edele, ridderlike – stryd in die Amerikaanse burgeroorlog toe hy die Unie beskerm het teen die aanslag van die Konfederasie van suidelike deelstate...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.