KITSKENNIS | Die privaatheid-kool is die WhatsApp-sous werd

KLINK SLIM OM DIE BRAAIVLEISVUUR

KITSKENNIS | Die privaatheid-kool is die WhatsApp-sous werd

As jy een van WhatsApp se meer as twee biljoen aktiewe gebruikers is, het jy jou ook waarskynlik verlede week vervies toe jy uit die bloute toestemming moes gee dat dié app jou data met Facebook mag deel – of jou rekening word summier uitgewis. Maar toemaar, jy kan nou (effens) bedaar, sê WILLEM KEMPEN.

Hoe het ons hier gekom?

In 2009 was die jong e-entrepreneurs van die tyd nog dikwels vol idealisme oor ’n nuwe digitale wêreld met geleenthede vir almal en wat wegstaan van onderdrukking, uitbuiting en tirannie. In dié atmosfeer het WhatsApp die lig gesien as die geesteskind van Jan Koum, die kind van ’n arm immigrant-ma van Oekraïne wat eers in 1992 in die VSA aangeland het, en Brian Acton, ’n Amerikaner van geboorte. Die twee het ontmoet toe hulle saam vir Yahoo gewerk het.

Koum het grootgeword met ’n weersin in die beklemmende kommunisme van sy vaderland voordat die Sowjetunie tot ’n val gekom het. Oor wat hy en Acton met WhatsApp wou bereik, het hy by geleentheid gesê (https://www.naijatechguy.com/2017/06/what-you-never-knew-about-origina.html): “Ek het grootgeword in ’n samelewing waar alles wat jy doen, meegeluister word, opgeneem word of aan iemand verklap word. Niemand behoort die reg te hê om ander af te luister nie, anders word jy ’n totalitêre staat – die soort staat waarvan ek as ’n kind gevlug het om te kom na hierdie land waar jy demokrasie en spraakvryheid het. Ons doel is om dit te beskerm.”..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.