Is die aarde regtig plat, en kan die staat regtig welvaart skep?
Die eerste vraag is maklik om te antwoord: Nee, al is daar tot vandag toe mense wat anders wil glo.
Die tweede een: Wel, wie weet? Die antwoord hang af van onder meer wat presies jy as welvaart of as ’n welvarende samelewing beskou. Is daar byvoorbeeld 'n aanvaarbare vlak van ekonomiese ongelykheid in ’n welvarende land? Is relatiewe armoede aanvaarbaar, solank daar nie absolute armoede – broodgebrek, dus – is nie? Is daar werk vir almal wat wil en kan werk? Is landsburgers bereid om individuele vryhede op te offer vir die beswil van die samelewing as ’n geheel? Is landsburgers bereid om meer belasting te betaal sodat selfs die armstes onder hulle toegang kan hê tot dinge soos mediese sorg, onderwys, paaie en tegnologiese infrastruktuur? Hoeveel toegang moet immigrante tot daardie welvaart hê? En, dalk die belangrikste vraag deesdae: Hoe meet en verreken ons die skade aan die omgewing wat dikwels met ekonomiese groei en welvaartskepping gepaardgaan?..
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Moenie die Covid Alert-app vrees nie