KITSKENNIS | In die diep en donker hole van die wêreldwye web

KLINK SLIM OM DIE BRAAIVLEISVUUR

KITSKENNIS | In die diep en donker hole van die wêreldwye web

Die donker web is vir baie mense ’n vergaderplek van alles wat boos, pervers, onwettig, vuil of sommer net verkeerd is. Dit ís al hierdie dinge, maar dis beslis nie ál wat dit is nie, skryf WILLEM KEMPEN.

“MY vriend Fanie sê hy is nuuskierig oor wat die donker web is, maar te bang om dit op die internet op te soek.”

Ontspan, jy gaan nie sommer per ongeluk in die donker web beland nie. Die kinderpornograwe, dwelmhandelaars, identiteitsdiewe, mensvleis-eters, huurmoordenaars, slawehandelaars, wapenhandelaars, vriende van Jeffrey Epstein en ander van die wêreld se onguurste karakters verwelkom nie maklik nuwelinge in hul onderskeie hoekies van die web nie – jy moet daar wíl wees, jy moet die regte programmatuur hê en jy moet weet presies waar om te soek.

Terselfdertyd word baie van die kommunikasie op die donker web ook vir goeie redes anoniem gehou, byvoorbeeld sodat nywerheid- en ander spioene, kuberkrakers, voortvlugtige misdadigers, outoritêre regerings of ander vyandige magte nie hul kloue daarin kan slaan nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.