Wat is op die video’s?
Die Pentagon het vandeesweek ’n video uit November 2004 en twee video’s uit Januarie 2015 gedeklassifiseer wat deur kameras aan boord van vliegtuie van die Amerikaanse vloot geneem is. Dit wys vlieënde voorwerpe wat skynbaar maneuvers uitvoer waartoe bestaande aardse tegnologie nie in staat is nie. “Die fenomene wat in die lugruim waargeneem is, word steeds as ongeïdentifiseerd geklassifiseer,” sê die Pentagon. Hier is die video’s:
Die video’s het reeds in onderskeidelik 2007 en 2017 in die openbare domein beland ná die “ongemagtigde uitreiking” daarvan, het die Pentagon in ’n verklaring (https://www.defense.gov/Newsroom/Releases/Release/Article/2165713/statement-by-the-department-of-defense-on-the-release-of-historical-navy-videos/) gesê, al is die egtheid daarvan vantevore reeds bevestig. The New York Times (https://www.nytimes.com/2017/12/16/us/politics/unidentified-flying-object-navy.html) het in 2017 oor die 2004-insident berig en twee van die video’s daarby gepubliseer...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Só raak die olieprys negatief