Covid-19 dalk ’n goeie leerskool vir grondhervorming

ONS KÁN SAAMWERK

Covid-19 dalk ’n goeie leerskool vir grondhervorming

Gaan die lesse van interafhanklikheid en samewerking wat die coronavirus ons nou leer die houding jeens grondhervorming laat verander? Só vra ELMIEN DU PLESSIS, wat meen dat Covid-19 ook vir ons ’n paar ‘geskenke' gebring het.

ONDANKS die ritmestoornis van die hartslag van die alledaagse lewe het corona ook vir ons geskenke gebring. Soos om pousetyd te vat en te dink. Ook oor grondhervorming en die dwarrelproses van die afgelope twee jaar. Onteiening sonder vergoeding is nog op die parlementêre agenda, maar hóé die pad gaan verloop, is duister. En die toepassing van grondhervorming hang nie van daai proses af nie.

'n Ander geskenk is 'n hernude herinnering aan ons interafhanklikheid – in goed en sleg. Mure en landsgrense kon nie die verspreiding van die virus keer nie. Globale markte is soos domino’s met mekaar verbind. Op ’n persoonlike vlak kan jou eie aksies ’n verreikende gevolg op die gesondheid van ander hê. Vra maar vir pasiënt 31 in Suid-Korea.

Aan die goeie kant het baie mense begin deel. Opstaan, saamstaam, gee. Daar's 'n uitruiling van omgee op 'n gemeenskapsvlak. Van fondsinsamelings vir die plaaslike koffiewinkel tot die sopkombuise. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.