IN ’n onderhoud met John Oliver in 2010 het Dan Roodt na die Afrikaner as ’n dodo verwys. Laas week toe die FW de Klerk-stigting ’n verklaring uitreik wat verduidelik presies hoekom hulle dink apartheid nié ’n misdaad teen die mensdom was nie, was dit dalk die eerste keer dat ek met Dan saamgestem het.
Maar Afrikaners sal nie vergaan omdat hulle gejag word nie. Dit sal eerder wees omdat Afrikaners hulself in die voet skiet.
Die kamikaze-oomblik van apartheid se laaste president (en sy stigting) het die afgelope twee weke tot die meeste mense se stomme verbasing afgespeel. Op TV stel FW dit dat apartheid (darem) nie volksmoord was nie, en daarom nie ’n misdaad teen die mensdom is nie. Soos FW se onvermoë om ’n volle bekendmaking voor die Waarheid-en-versoeningskommissie (WVK) te maak (en sy Cremora-verskoning daar), stel hy later dat hy salig onbewus was van die feit dat apartheid ’n misdaad is...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.