TERWYL die noodsaaklikheid van gesaghebbende nuusmedia al hoe duideliker blyk te midde van die Covid-19-“infodemie", lyk die toekoms van drukmedia al hoe meer beroerd.
Die pandemie het publikasies wêreldwyd tot by 'n krisispunt gebring, en sommige moes reeds hul deure sluit. Dit blyk duidelik: die drukmedia is 'n hoë-risikopasiënt wat intensiewe sorg benodig.
Die eerste Suid-Afrikaanse slagoffers was die tydskrifgroep Associated Media Publishing (AMP). Die groep het Donderdag aangekondig dat die maatskappy vanaf vandag nie meer handel sal dryf nie. Dit beteken dat tydskrifte soos Cosmopolitan, House & Leisure, Good Housekeeping en Women on Wheels nie meer sal verskyn nie. “Ons het nooit gedink hierdie dag sou aanbreek nie, maar ons het geen keuse meer gehad nie,” het die maatskappy se uitvoerende hoof, Julia Raphaely, in 'n verklaring gesê...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.