Ons oumense se angs in die Covid-ghetto

GEVAARLIKE VERSPREIDINGSAARDE

Ons oumense se angs in die Covid-ghetto

In sorgsentrums in Europa laat Covid-19 'n spoor van verwoesting. Tienduisende is reeds dood en die sterftesyfers styg steeds. Sal die streng maatreëls in Suid-Afrika se sorgsentrums 'n herhaling van dié ramp keer, vra ADRI KOTZÉ.

“AS die Here ons genadig is, sal ons een ding leer met hierdie virus. En dit is dat dit 'n ongelooflik gevaarlike verspreidingsaarde skep om oumense in 'n hok te druk, soos in ’n fokken ghetto”.

Rayne Stroebel verhef nie sy stem nie en hy praat stadig. Maar hy klink moeg en sy woede – hy beklemtoon 'n hele paar keer hy is kwaad – kraak ongemaklik oor die foon.

“Mens sit nie 'n klomp mense in 'n hok omdat hulle Jode of swart of oud of vet is nie. So wat ons nou sien in Italië en Spanje en in Amerika en Engeland is as jy 'n klomp weerlose mense in een gebou het, maak jy dat dit soos 'n veldbrand versprei. Jy kan nie die mense uitmekaar hou nie, hulle is afhanklik daarvan om gevoer te word, dat hulle inkontinensieware omgeruil word, dat hulle opgetel word van 'n bed na 'n stoel.”..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.