Hoekom is daar is so baie ha-ha-ha-hadidas?

VLIEËNDE VUVUZELAS

Hoekom is daar is so baie ha-ha-ha-hadidas?

Voel jy jou vlerke is geknip oor dié luide voëls? Waarom teel hulle aan soos konyne, en steek daar meer in hadidas as hul roep? PIETER BOTHA ondersoek hierdie onbeskofte ‘slimsnawels'.

MISKIEN het jy al opgemerk dat hierdie ongeskikte voëls meer volop as voorheen is. Hadidas is orals. Vroegoggend skree hulle ’n mens wakker van dakke af. Bedags wag hulle half skelm in tuine om luidkeels op te vlieg wanneer ’n mens dit nie verwag nie. Skemertyd weerklink hul wanklanke soos hulle vlieg na hul slaapplekke in groot bome, waar hulle die dag met 'n laaste, luide HAAAAA! groet.

Daar was 'n tyd voor hadidas, ten minste in sekere streke. Ietwat ouer Kapenaars onthou stil namiddae met net duiwe wat koer en skemeraande sonder hierdie onheilsvoëls wat oor dakke gier. Grasperke met net sproeiers wat suis; geen grim-reaper-snawels wat gate in jou dagdrome kom steek nie. Is dit net nostalgie of was daar regtig vreedsamer tye sonder hadidas in dele van ons land? En waarom is daar tog so baie van hulle?

Eers neem ons die Vrystaat, dan Gauteng..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.