Die boek van Esther Perel: liefde en verlies in die tyd van die ...

COVID-19 EN VERHOUDINGS

Die boek van Esther Perel: liefde en verlies in die tyd van die Groot Verdriet

Covid-19 en inperking is 'n gesondheids- en ekonomiese ramp, maar die tyd van Groot Onsekerheid kalwe ook al hoe meer weg aan ons geestestoestand. Esther Perel is een van die wêreld se voorste psigoterapeute en ANNELIESE BURGESS stel ondersoek in na wat sy sê oor konflik, verhoudings en die diepliggende trauma oor 'n wêreld wat vir ewig verander het.

MISKIEN is dit die hartseer uit-die-bloute-snik vir niks, of die angsprikkels wat jou wakker hou in die nag. Die irritasie wat oorkook oor 'n onbenulligheid, die woedevlaag wat jou onverwags soos 'n sluipmoordenaar oorrompel.

Daar is baie maniere waarop die trauma van Covid-19 en die stres van 'n wêreldwye inperking aan mense se geestestoestand wegkalwe, maar uiteindelik sal dit waarskynlik in jou intiemste verhoudings wees wat jy die pandemie se tentakels die skerpste voel, sê Esther Perel, die wêreld se gunsteling-verhoudingsghoeroe.

“'n Ramp soos hierdie is 'n verhoudingsversneller. Mense raak bewus van hulle sterflikheid. Dit is soos 'n skadu. En dan sê mense: ‘Die lewe is kort, kom ons trou, kom ons maak babas, waarvoor wag ons?’ Of hulle sê: ‘Die lewe is kort, ek het lank genoeg gewag, ek wil nie meer hier wees nie.’"..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X