Dis moeilik om ons leiers se kinders ernstig op te neem

ZUMA SE GOUE SEUN

Dis moeilik om ons leiers se kinders ernstig op te neem

Beste Duduzane, skryf ISMAIL LAGARDIEN. Ek is ’n 1652-afstammeling van slawe wat deur die Hollanders na die Kaap gebring is. Ek het nie Suid-Afrika gesteel nie.

DIT is op die beste van tye moeilik om die kinders van politieke leiers ernstig op te neem as onafhanklike, intelligente wesens wat vir hulleself lewens uitgekerf het wat onafhanklik is van die bevoorregting, status, invloed en proksimale mag wat hulle deur die loop van hulle lewe en tot in volwassenheid vergaar het. Dit is waarskynlik onregverdig teenoor die kinders van alle politieke leiers. Maar Donald Trump het die hekkie bra laag gestel (https://www.gq.com/story/trump-kids-profit-presidency) … 

Ieder geval, Suid-Afrika se eie Duduzane Zuma, die seun van voormalige pres. Jacob Zuma, het die sprong gemaak van ryk wees na politiek speel. In ’n onlangse tweet, ’n versluierde verdedeging van familiebande met die Guptas, het Zuma Jr. gesê dat Suid-Afrika “in 1652 gesteel is”. Ons kan hier onder daarna terugkeer. Sonder om Europese en setlaarkolonialisasie te ontken, is dit nodig om die hele “1652”-etiket oop te steek – soos ’n nare karbonkel.

Al die president se kinders..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.