Adrian Enthoven: ‘Die sukses van die Solidariteitsfonds is by...

Adrian Enthoven: ‘Die sukses van die Solidariteitsfonds is by my ’n obsessie’

Die ondervoorsitter van die fonds wat Suid-Afrikaners moet verenig in die stryd teen Covid-19 het net een ding in sy kop: hoe om die grootste moontlik impak te maak in die grootste krisis wat die wêreld in meer as ’n eeu getref het. ANNELIZE VISSER het met hom gesels.

VWB: Jy was lank, lank gelede vir ’n rukkie ’n werknemer van die oorspronklike Vrye Weekblad. Wat onthou jy van daardie tyd?

AE: Dit was een van die interessantste en mees spesiale werkervarings van my lewe. Ek was op universiteit en het in 1990 vir drie maande by Vrye Weekblad gewerk. My hooffokus was die plaaslike regering, die Soweto-huurboikot en die vlaag van geweld wat die Groter-Johannesburg-gebied destyds geteister het. Om met soveel uitsonderlike mense te werk, in so ’n uitsonderlike tyd, was waarlik ’n voorreg.

VWB: Die Solidariteitsfonds is net meer as ’n maand oud en het al verstommend baie bereik. Vertel kortliks wat die doelwitte van die fonds is, en julle grootste prestasies tot op hede. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.