Die inperking en die sluit van besighede weens Covid-19 het Suid-Afrika reeds erg ontwrig. ’n Verlengde staat van inperking kan op verskeie vlakke dodelik wees, waarsku LUCAS OOSTHUIZEN.
DIE Suid-Afrikaanse regering se besluit om einde Maart ’n ramptoestand te verklaar was begryplik. Covid-19-infeksies in die land het vanaf 22 Maart skerp begin styg en die eerste sterfte is later daardie maand aangekondig.
In Italië is hospitale vanaf middel Maart oorweldig en beeldmateriaal het mense op sypaadjies gewys wat in die buitelug behandel word. Infeksies en sterftes het handuit geruk. Die Italiaanse premier het huilend erken dat hulle die stryd teen die pandemie verloor het. Rye doodskiste van gestorwenes het die wêreld laat regop sit.
Die plaaslike inperking moes tyd koop om ’n soortgelyke scenario te voorkom. Dit moes die verspreiding van Covid-19 vertraag sodat die infrastruktuur (soos toetse, ventilators, beddens) bekom kon word om ’n latere toename in gevalle die hoof te bied...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
EKONOMIESE RAMPSPOED
Verlenging van inperking kan dodelik wees
Die inperking en die sluit van besighede weens Covid-19 het Suid-Afrika reeds erg ontwrig. ’n Verlengde staat van inperking kan op verskeie vlakke dodelik wees, waarsku LUCAS OOSTHUIZEN.
Deel
DIE Suid-Afrikaanse regering se besluit om einde Maart ’n ramptoestand te verklaar was begryplik. Covid-19-infeksies in die land het vanaf 22 Maart skerp begin styg en die eerste sterfte is later daardie maand aangekondig.
In Italië is hospitale vanaf middel Maart oorweldig en beeldmateriaal het mense op sypaadjies gewys wat in die buitelug behandel word. Infeksies en sterftes het handuit geruk. Die Italiaanse premier het huilend erken dat hulle die stryd teen die pandemie verloor het. Rye doodskiste van gestorwenes het die wêreld laat regop sit.
Die plaaslike inperking moes tyd koop om ’n soortgelyke scenario te voorkom. Dit moes die verspreiding van Covid-19 vertraag sodat die infrastruktuur (soos toetse, ventilators, beddens) bekom kon word om ’n latere toename in gevalle die hoof te bied...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel
Lucas Oosthuizen
JoernalisLucas Oosthuizen is ’n voormalige joernalis, akademikus en bemarkingskonsultant.