Spekboom: klimaatkuur of spekskiet?

WONDERPLANT?

Spekboom: klimaatkuur of spekskiet?

Tans hef die Suid-Afrikaanse media oral lofgesange aan vir die wonder van die groot koolstof-stofsuier, spekboom. Maar kan ons werklik die planeet red met hierdie oulike vetplantjie, vra PIETER BOTHA.

SPEKBOME is deesdae die ster van die internasionale klimaatsverandering-show. Dis die Greta Thunberg van die plantwêreld en word voorgehou as die eenstop-antwoord op ons koolstofprobleme. 

Dié oulike inheemse vetplant (Portulacaria afra) en darling van die media, plaaslik en internasionaal, groei maklik en is droogtebestand. Almal wil dit nou orals plant weens hierdie “wonderplant” se besonderse vermoë om koolstofdioksied uit die atmosfeer te verwyder. “Aanvaar die #spekboomchallenge: plant 'n spekboom en doen jou deel om klimaatsverandering te bekamp'' is die refrein op sosiale media.

Dis maklik – pluk net 'n steggie, druk dit in die grond, gee bietjie water en siedaar, jy het 'n nuwe spekboompie. Stadsrade, besighede en nie-regeringsorganisasies het ook reeds groot plant-planne. Kaapstad se stadsraad wil 100 000 spekbome aanplant, 'n wynplaas in die Klein Karoo 1 miljoen en naby Stellenbosch word 'n enorme spekboomlabirint in fynboswêreld aangelê...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.