SKOK! PANIEK! VLUG! (en ’n feit of twee oor die nuwe koronavirus)

BIOLOGIESE WAPEN?

SKOK! PANIEK! VLUG! (en ’n feit of twee oor die nuwe koronavirus)

Nie eens die koronavirus self versprei so vinnig soos die waninligting, samesweringsteorieë, halwe waarhede en aandiksels daaroor nie, skryf WILLEM KEMPEN.

DIE nuwe koronavirus is ’n biologiese wapen wat uit ’n hoogs geheime laboratorium in China “ontsnap" het nadat dit deur Bill Gates ontwikkel en toe by Kanada gesteel is. Dit het wêreldwyd reeds meer as 100,000 lewens geëis. Die werklike omvang van die lewensverlies word doelbewus deur regerings oral stilgehou. Die goeie nuus is dat homeopatiese medisyne, vitamien C of dagga jou sal genees as jy die virus opgedoen het. 

Bostaande is maar net ’n paar van die wilde en géwilde stories wat oor die nuwe koronavirus op die internet versprei word. Net vir die rekord: Elkeen van dié stories is óf onwaar óf ’n totale oordrywing óf ten beste nie op enige geloofwaardige of bevestigde bron gegrond nie.

Terwyl die nuusvloei uit China streng deur die regering daar beheer word, is die dors na nuwe inligting oor ’n dodelike epidemie onversadigbaar. Gevolglik probeer al wat nuusorganisasie is om eerste te wees met ’n nuwe storie oor die virus. En die standaarde waaraan so ’n storie moet voldoen, verskil soms geweldig – van die tradisionele media aan die een kant tot by kleiner en sogenaamde “onafhanklike" media aan die ander kant...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.