Warm op die spoor van die maverick Africans

AFRIKANERGESKIEDENIS

Warm op die spoor van die maverick Africans

Herman Giliomee se taak is om die mites van alle kante oor Afrikaners te korrigeer, en hy doen dit weer in sy nuutste boek, skryf AZILLE COETZEE.

DIT is al meer as 50 jaar dat Hermann Giliomee hom besig hou met die geskiedenis van die Afrikaner. Tydens die apartheidsjare werk sy geskiedskrywing die distorsies van nasionalistiese propaganda teë. En in die nuwe Suid-Afrika produseer hy werk wat weerstand bied teen die neiging in ons kollektiewe verbeelding om die Afrikanergeskiedenis te reduseer tot ’n enkelvoudige narratief van bevoorregting en rassisme.

Met sy boek Die Afrikaners: ’n Biografie (2003), wat ook ’n televisiereeks geword het, lê hy die Afrikaner vir haarself bloot, met die goed en die sleg langs mekaar. Hy hou ’n spieël voor ons op en help ons om beter te verstaan hoe ons gekom het waar ons vandag is.

Ek is by sy huis in Stellenbosch om met hom te gesels oor sy nuutste boek, Maverick Africans: The Shaping of the Afrikaners, wat verlede week verskyn het. “Die ou Nasionale Party het ons geskiedenis gesteel en nou doen die ANC presies dieselfde,” sê hy...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.