UKZN: Die stadige (maar voorkombare) sterwe van ’n universiteit

KAMPUS-ANARGIE

UKZN: Die stadige (maar voorkombare) sterwe van ’n universiteit

In die lig van die chaos wat dié week op van die Universiteit van KwaZulu-Natal se kampusse geheers het, vra JONATHAN JANSEN waar die verrotting vandaan kom en wat daaraan gedoen kan word.

NÁ die afgelope week se gebeure tel die Universiteit van KwaZulu-Natal nou ook as een van die chronies wanfunksionele universiteite van Suid-Afrika. Trouens, dit is ’n heeltemal geldige vraag of hierdie eens beroemde instelling enigsins nog 'n universiteit is, behalwe in naam.

Van Durban tot Pietermaritzburg het baie van hul top-akademici reeds van die gewelddadige kampusse gevlug. Die provinsie se top-matrikulante hou verby die voormalig hooggeplaaste Howard Kollege of die Westville-kampus, net om deur vooraanstaande universiteite in Kaapstad en Johannesburg opgeraap te word.

In my vorige werk het ek met graagte 'n onderhoud gevoer met 'n top-leerder wat desperaat was om van UKZN weg te kom. En 'n matriekleerling van 'n vooraanstaande seunskool in Durban se boomryke buurte het my vertel hy sal toelating tot die Universiteit van die Vrystaat se mediese skool aanvaar (hy het toelating gehad om by enige mediese skool te studeer) op voorwaarde van mentorskap. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.